Wie is Rotsvas Gemeente
Ons Gallery
Ons Omgewing
Kontak Ons
Geen Aktiwiteite
6:15 - Oggend Bybelstudie vir alle lidmate.
10:00 - Dames Bybelstudie
Geen Aktiwiteite
Geen Aktiwiteite
Geen Aktiwiteite
Erediens te Oppisee
DAMES
BYBELSTUDIE
i. Woensdag oggende het die vroue'n spesiale tyd saam tydens bybelstudie.
Lering fokus op:
- ie spesiale rol van die vrou volgens Speuke 30:10 – 31
- Belangrike Hebreeuse en Griekse woorde en uitdrukking en die belang daarvan vir geestelike groei
WIE IS
ROTSVAS GEMEENTE
As gemeente wil ons ’n plek wees waar mense God se liefde, genade en vrede ervaar, geestelik groei en bemoedig word. Ons staan op die onwrikbare fondament van God se Woord en leef met hoop, vertroue en oorgawe aan Christus. By Rotsvas Gemeente is ons geanker in Jesus en verenig in geloof, liefde en hoop vir elke dag.
COACH
ONS UNIEKE
OMGEWING
Jacobsbaai: Enig in sy soort
Die Weskus is uniek – enig in sy soort. Die see, blomme, koringlande, fynbos en staproetes is van die oordaad wat Jacobsbaai jou bied. Hier beleef jy die mooiste somersdae, met sonsondergange wat jou asem wegslaan. Al is die seewater hier ekstra koud, is dit juis hierdie waters wat die dolfyne lok en die snoek laat loop. Hou jou oë gefokus op die water en jy mag dalk net die walvisse raaksien wat ons jaarliks verras met hulle teenwoordigheid.
Jacobsbaai het langs vyf baaie ontwikkel: Jacobsbaai is die hoofbaai, met ’n klein strandjie, waar gesinne en vissermanne uitspan. Kom stap ver ente langs Hospitaalbaai op pad na Gonnemanskraal. Kom vang vis op die ‘platklip’ naby Bamboesbaai, haal kreef uit in Kwaaibaai of Moerie-se-baai, of drink net die skoonheid van Smalbaai in. As jy meer avontuurlustig voel, kom tem die rowwe branders met jou plank by Kwaaibaai.
September is blommetyd aan die Weskus – en nêrens sal jy mooier kry as net hier in Jacobsbaai nie. Zubelon Ricardo beskryf blommetyd as ’n kaleidoskoop van kleure en asof ‘God se blompot hier uitgegiet is’. Kom kyk vir jouself of dit waar is – ons gastehuise en restaurante sal in elke behoefte van jou voorsien. Moenie die geleentheid om een van die belangrikste biosfere in die wêreld te besoek, misloop nie. Dit behoort op elke natuurliefhebber se emmer-skop-lys te wees.
MEDIA
SENDING
Rostvas Gemeente het ‘n media sending in samewerking met Retha van der Walt, Pierre Locouw en Vanessa Smith. Deur middel van hierdie bediening word die weeklikse Sondag erediens boodskap in geskrewe formaat versprei. Die verspreiding (Afrikaans, Engels en Frans) vind plaas onder verskei besighede in Jacobsbaai, Vredenburg, die Paarl en Stellenbosch. Die weeklikse boodskappe word in Frans aangebied deur Pierre Locouw tydens ’n bybelstudie groep onder Frans sprekende motor wagte werksaam by ’n besigheidsentrum.
KONTAK
ONS
Kontak gerus ons span en word deel van ons ondersteunings gemeenskap
HEY YOU, SIGN UP AND CONNECT TO WOODMART!
Will be used in accordance with our Privacy Policy